ONGEBAKTE DADELKOEK
ONGEBAKTE DADELKOEK
250 g botter
2 eiers, geklits
2 eetlepels kakao
1 pakkie pekanneute
2 ½ Mariekoekies, in kwarte gebreek
1 groot pak kersies
2 pakke dadels, opgesny
¼ koppie suiker
¼ koppie kook water
Smelt botter en suiker en roer eiers en kook water wat kakao in opgelos is in.
Meng res van die bestanddele by, meng goed en druk in jou gesmeerde pan.
Onthou om eier bietjie vir bietjie by te voeg anders stol die eiers in warm vloeistof.
Dit vries baie goed.
Foto en resep geplaas deur Winnie van Huyssteen

