MARIAN SE WATERBLOMMETJIE BREDIE
MARIAN SE WATERBLOMMETJIE BREDIE
Beesvleis vorige aand al gemarineer in Worcestershire sous
Kook vir uur in stoompot met koppie water en 2 koppies wyn en sout
Braai 2 uie en half van n groen, geel en rooi pepper
Skep vleis uit stoompot maar moenie die vloeistof weggooi nie.
Skep die vleis by uie en braai verder.
Gooi braaivleis speserye en kruie oor vleis. Gooi halwe koppie chutney en kwart koppie tamatiesous in.
Sit 6 aartappels wat in kwarte gesny is by vleis. Gooi die vloeistof waarin vleis gekook is in pot.
Kook vir n halfuur
Sit die Waterblommetjies en mushrooms in gooi sout oor en kook vir +_ 15min tot Waterblommetjies sag is maar nog ferm
BRON – Marian van Deventer

