MAKLIKE ROOMKAAS


MAKLIKE ROOMKAAS
1 liter gepasteuriseerde afgeroomde melk
¾ koppie wit asyn
1½ teelepels sout
½ koppie room
Giet die afgeroomde melk in ‘n groot kastrol en plaas dit oor medium hitte.
Verhit tot 120 ºF. (50ºC)
Verwyder van die hitte en voeg die asyn by, roer vir 1 tot 2 minute.
Die wrongel sal skei van die wei.
Maak dit toe en laat staan teen kamertemperatuur vir 30 minute.
Giet die mengsel in ‘n vergiettes gevoer met ‘n teedoek en laat staan en dreineer vir 5 minute.
Versamel die kante van die doek en spoel onder koue water vir 3-5 minute of tot die wrongel is heeltemal afgekoel, druk en beweeg die mengsel die hele tyd. Sodra afgekoel, druk so droog as moontlik en giet oor in ‘n mengbak.
Voeg die sout en room by en meng, breek die wrongel in happie-grootte stukke as jy kan.
Dis gereed om onmiddellik op te dien.
Seël in ‘n houer en plaas in die yskas.
Bron: Anita Hennig