KRUMMEL HOENDER MET AARTAPPELSLAAI
KRUMMEL HOENDER MET AARTAPPELSLAAI
Aartappel slaai met kondensmelk en kersies mengelslaai en crumbed hoenderborsie: skil en kook 4-6 medium aartappels tot sag, sny n halwe ui fyn voeg by. Kook drie eiers en sny fyn, sny sowat 10 kersies fyn en voeg saam die eiers by die aartappels, maak n sous met bietjie kondensmelk en mayonnaise voeg sout peper bietjie paprika en Italian herbs by.
Vat 4 hoenderborsies en slaan effens dinner meng meel,garlic flakes, paprika, suurlemoen kruie. Italian herbs en pietersielie voeg 250ml droë krummels by plaas in ‘n houer, in n ander houer meng 1 eier en bietjie melk doop borsies eers in eier- dan in meelmengsel herhaal 3 keer bak in matige olie tot goud bruin dis heerlik! Geniet die hoender met bietjie suurlemoensap en of sweet chillie sous vie wariasie! YUM!
Foto en Resep: Jeantelle Fourie Lombard

