KORSLOSE SPINASIETERTJIES EN SKAAPRIB


KORSLOSE SPINASIETERTJIES EN SKAAPRIB
350 g baba spinasie, 2 min geblansjeer
1 klein opgekapte rooi ui
125 ml ongegeurde jogurt
1 wiel Fetakaas, opgesny of gekrummel
2 eiers
Meng alles goed saam en bak by 180°C vir 20 – 30 min.
Ribbetjie:
sout en peper na smaak
suurlemoensap
Worcestersous
Bedruip mildelik. Plaas in oondpan op ‘n rakkie (sodat die ergste vet kan afdrup) beenkant na bo.
Maak toe met foelie. Bak by 140°C vir 3 ure. Haal foelie en bak ‘n verdere 1 uur – vleiskant bo.
Rooster vir sowat 10 min om die boonste lagie lekker crisp te maak. Dis ‘n murgsagte weergawe!
Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo