JO ANNE SE HASH BROWNS

2015-11-18-joannesehashbrownstested
JO ANNE SE HASH BROWNS
4 half gaar aartappels
1 eier, geklits
2 eetlepelspoeiermelk
⅓ koppie meel
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
⅛ eetlepel peper
1 eetlepel sagte botter

Sny aartappels in klein stukkies.
Meng alles saam en druk aartappels bietjie plat.
Skep tussen 2 velle kospapier en rol liggies tot so 1 cm.
Vries dit. Sny in blokkies en braai in warm olie.

BRON/FOTO: Jo-Anne Smit