BENHET SE LEKKER GEMMERKOEKIES
BENHET SE LEKKER GEMMERKOEKIES
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml stroop
500 ml botter
2 eiers
50 ml asyn
50 ml gemmer
15 ml kaneel
5 ml naeltjies
500 ml ligte bruinsuiker
8 koppies ongesifte koekmeel
45 ml koeksoda
10 ml sout
Sif koekmeel, koeksoda en sout saam.
Meng res van die bestanddele goed saam. Voeg meelmengsel by en meng deur.
Bedek die deeg en laat paar uur rus in die yskas.
Maak balletjies en plaas op voorbereide bakplaat.
Bak 180ºC vir 13 min (resep se 12 min by 200ºC) maar ek het op 180ºC gewerk anders brand hulle onder.
Lekker!! Glad nie brand gemmer nie NET LEKKER! !!

