BEESBOUD GAARMAAK IDEES
Marinda van Rooyen smeer die boud met speserye soos sout pepper , druk gate in en sit knoffelhuisies wat gekneus is binne in plaas nou daardie boud in n bak met kwart water wat boud bedek sny dan uie op en gooi in water om boud so 4 naeltjies sit vir die lekker 2 wortels grof gesny met 3aartappels in klein blokkies gesny sit deksel op en sit op 180c tot jy daai boud ruik dan draai jy die stoof op n 100c en laat hom deurnag in oond.geen waarborg dat iemand gaan opstaan in die nag vir die reuk nie as jy boud uithaal sit sous in kleiner pot en kook sous vinnig tot dit die helfte is .en braai boud bruin soos jy daarvan hou.
My ouma het geglo jy kook nie op kersfees nie alkes moet vorige dag klaar wees anders kan jy nie tyd met familie spandeer nie.sy is die een wat my gews het as jy twee wortels in vleis druk die wortels se punte miet mekaar raak dan krimp jou vleis nie do baie nie
Lorma Naude Ek stem saam met Marinda, doen alles soos sy, behalwe ek gooi nie water by nie, ek plaas die bak met vleis oornag op 100 in die oond en voeg eers die volgende oggend die groente by en terug in oond en verwyder sodra groente sag is. Verwyder en laat vleis afkoel en sny dan in skywe. Gebruik die soos van boud en maak dit dik, maar sorg vir baie sous, en plaas die gesnyde skywe vleis in ‘n opskepbak en gooi die warm sous bo-oor.
Ek praat van ‘n stuk beesvleis uit die boud uit, tensy sy van ‘n hele boud praat.
Marinda van Rooyen sny hom in twee
Annatjie Cooper Wat ja n snit sal hom ook oornag in foelie in oond gaarmaak stop hom met spek soos vir wild knoffel en kruie
En maak n lekkersous, sny skywe en le in die sous
Linda Grobbelaar As jy ‘n lekker potyster pot het kan jy hom mooi dokter, kruie, spek, of selfa bacon indruk. vat ‘n langerige mes met ‘n skerp punt of iets soortgelyks, druk gate in stop met wat jy voor lus is. Baba worteltjies werk ook lekker. Maak pot toe en sit oornag in oond van 100 grade C. Toets of sag en gaar. Los langer in as nodig. Dan kan hom met repies spek bedek en oop in die oond sit om bo op te bak.
Dierdre Travis Hoe groot is die bees boud?Ons maak dit gewoonlike in n baie groot baksak met knoffel,Rosemary
Tiemie en 4 soppoeiers wat jy meng. Olyfolie kleinbietjie sout pepper.Water 2 eetlepels in baksak.Gebruik na gaar is sous gemeng met roast meat gravy.Dit is vrek lekker.Lees die baksak instriksies.
