VINNIGE DELUXE SOUTTERT
VINNIGE DELUXE SOUTTERT
Resep geplaas en foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml basiese witsous
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie danish feta
Parmesan
Pietersielie
1 koppie opgesnyde frankfurters
1 koppie gesnipperde gaar spek
1 blikkie bully beef
1 blik gedreineerde aspersies
1 koppie gemengde rooi, geel en groen soetrissies
4 geklitste eiers
Meng als behalwe pietersielie en parmesan
Gooi in bak en strooi parmesan en pietersielie bo oor. Bak in 180°C oond vir 40 min.
Bedien saam slaai.

