ROMERIGE KARAMEL SAGO POEDING
ROMERIGE KARAMEL SAGO POEDING
250 ml sago
375 ml water
1 liter melk
2 ekstra groot eiers, geskei
80 ml suiker
2 ml sout
30 ml botter/margarien
8 ml karamelgeursel
Plaas die sago in ‘n swaarboomkastrol en voeg die water by. Week ongeveer 20 minute lank.
Voeg die melk by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut liggies ongeveer 10 minute tot die sago deurskynend en sag is.
Roer gereeld om te verhoed dat die sago aanbrand.
Klop die eiergele, suiker en sout saam.
Voeg van die warm melk by die eiermengsel en voeg dan die eiermengsel by die oorblywende warm melk in die kastrol.
Verhit ‘n paar minute lank terwyl aanhoudend geklits word en die mengsel verdik. Verwyder van die hitte.
Voeg die botter en geursel by en laat mengsel bietjie afkoel.
Klits die eierwitte styf en vou in die sago mengsel in, giet in ‘n groot, gesmeerde oondbak.
Bak 20 tot 25 minute by 180°C.
Sit warm voor met appelkooskonfyt of kaneelsuiker.
(Ek het ‘n appelkoos brandewynsous gemaak)
Variasie:
Vir ‘n heerlike suurlemoengeur voeg 10 ml fyngerasperde suurlemoenskil by die geklitste eiermengsel.
FOTO: Petré Van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld

