PETRE SE SJOKOLADETERT

2015-10-26-sjokoladeterttested
SJOKOLADETERT
Kors:-
1 pak mariebeskuitjies
125 g botter/margarien
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel fyn kaneel

Vulsel:-
1 blok (100 g) sjokolade met neute indien verkies
1 pak (150 g) wit malvalekkers (sowat 16)
150 ml (3/5 koppie) melk
250 ml (1 koppie) room, styf geklop
Sjokoladekrulle vir versiering (opsioneel)

Meng al die droë bestanddele vir die kors in ‘n voedselverwerker tot fyn .
Smelt botter in kastrol en meng droë bestanddele met gesmelte botter .
Druk in tertbord van 24 cm vas .
Bak @ 180ºC vir 10 minute en laat afkoel .

Breek die sjokolade in blokkies en smelt dit saam met die malvalekkers en melk sowat 1 minuut lank by 100 persent krag in die mikrogolfoond
Roer kort-kort totdat die sjokolade en malvalekkers gesmelt is. Laat effens afkoel en vou dan die styfgeklopte room by die sjokolademengsel in
Giet in die voorbereide kors en plaas in die yskas tot die mengsel gestol is
Versier met sjokoladekrulle
Lewer ‘n mediumgroot tert
Foto: Petré Van Jaarsveld