PETRE SE BOBOTIE
PETRE SE BOBOTIE
16 porsies
Mengsel van olie en botter vir braai
3 kg bees maalvleis
4 uie gekap
3 huisies knoffel fyn gedruk ( Ek gebruik 4 blare knoffel chives) …
3 geelwortels fyn gerasper
1 groot appel fyn gerasper
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
4 snye brood in melk geweek en fyn gemaak
Sout na smaak
2 teelepels grofgemaalde swartpeper
4 opgehoopte teelepels Kerriepoeier (ek het reeds aangemaakte kerrie met alles in wat dit moet he, maar voeg ekstra bestanddele by)
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel fyn naeltjies
1/2 teelepel fyn gemmer
1 teelepel fyn kaneel
2 teelepels fyn komyn
Suurlemoen blare
Bo-laag:-
1 1/2 koppie room
1 1/2 koppie yoghurt
1/2 teelepel sout
3 eiers
Braai uie in olie en botter mengsel tot deurskynend. Voeg knoffel by en braai goed deur. (Nie te lank nie, anders brand die knoffel). Voeg maalvleis by en braai tot dit krummelrig is . Voeg wortels, appel en speserye by … Kook goed deur … Voeg sout en peper by, asook asook appelkooskonfyt. Voeg brood by, en roer goed. Skep vulsel in oondpan – maak gelyk bo-op. Druk opgerolde suurlemoen blare in die vulsel. Klits alles vir die bo-laag goed saam .. Gooi mengsel oor Bak @ 180 grade C vir 40 – 45 minute, of tot bolaag mooi goudbruin is, en gestol het …
Foto en resep deur Petré Van Jaarsveld

