OUMA HESSIE SE GEBAKTE GRANADILLA NAGEREG

 

2015-10-25-gebaktegrenadellanagereg-bakedpassion-fruitpuddingtestedgrenadella poeding rista 2

OUMA HESSIE SE GEBAKTE GRANADILLA NAGEREG

12 granadillas (vars of 2 blikkies granadilla moes)
1½ koppie suiker
3 eetlepels botter
¾ koppie koekmeel
4 eiers
2 koppies melk

Klits die suiker en botter saam tot room. Voeg die meelblom stadig by. Klits die eiergele goed en voeg die granadillasap en pitte by. Kits dit saam en voeg dit by die eerste mengsel en roer goed deur. Roer die melk by en voeg dan die styfgeklitste eierwitte in. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste skottel . Plaas die bak in ‘n pannetjie met warm water en bak dit vir 1½ uur in ‘n matige oond. Die deeg skei in twee lae uit sodat dit ‘n laag soos die kors van koek bo-op ‘n laag gebakte vla vorm. Bedien warm met vla.

Foto:  Rista Grobbelaar
Resep geplaas deur Rista Grobbelaar