ONGESUURDE PLATBROOD
ONGESUURDE PLATBROOD
Dit is die maklikste deeg denkbaar om te maak. Dit kry nie gis nie en word sommer in die voedselverwerker gemaak.
160 ml yswater
60 ml olyfolie
2 koppies koekmeel
knypie sout
Voorverhit oond tot 230 ºC. Smeer ‘n groot bakplaat en stuif met koekmeel.
Meng die water en olyfolie. Plaas die koekmeel en sout in voedselverwerker. Voeg die water stadig deur die tuit terwyl verwerker loop. Meng tot stywe deegbal vorm. Meng minstens 5 min. Laat 15 min rus. Kny 8 tot 10 balletjies deeg af. Rol die deeg so dun as wat jy kan op meelbestrooide oppervlak. Verf met olyfolie 5-8 min tot gaar en daar ‘n paar bruin vlekke en blase op is. Ek het gekapte vars roosmaryn en maldon sout oorgestrooi voordat ek dit gebak het. Ons het dit saam met verskeie kase, geroosterde eiervrug, uie marmelade, geroosterde pepers en heel konfyt ge-eet.
Foto: Martie Fourie Moolman en Samantha Murphy


