MICHAELLA SE LEKKER KAASKOEK
MICHAELLA SE LEKKER KAASKOEK
1 houer plein gladde maaskaas
1 houer room
1 blik condensed melk
sap van 2 lemoene, of meer as jy dit so verkies.
klapper Tennis beskuitjies vir die kors
Maak die Tennis beskuitjies fyn en roer deur ‘n eetlepel botter. Druk vas op bodem van die tertbak en plaas in vrieskas. Meng saam Condensed melk en Maaskaas. Voeg dan by styf geklopte room. Meng goed en voeg suurlemoen sap by. Ek hou van myne bietjie suurder dus gooi ek ekstra suurlemoensap by. Gooi mengsel oor die beskuitjie kors en laat oornag in die yskas. Die resep is baie aanpasbaar en ek voeg soms n blikkie mixed berries by of rasper peppermint crisp chocolate in en voeg net titseltjie meer suurlemoen sap by.
Bron en Foto: Michaella Williams

