JOHN SE BROOD OP DIE KOLE-WEBER

BROOD OP DIE KOLE 2tested

JOHN SE BROOD OP DIE KOLE-WEBER
Net my gewone resep.
1 kg brood meel
750 ml lou warm water
2 teelepels gis (yeast)
60 ml botter
2 teelepels suiker
2 teelepels sout

Die brood sal goed in ‘n Weber bak. Kole moet warm wees . Maak jou deeg gewoon weg aan. Laat rys, tenminste 1 uur.
Smeer 2 broodpanne goed met botter. Deel jou deeg in twee. Sit in brood panne. Kry foelie gereed, smeer met botter sit oor jou brood. Sit altwee panne in jou warm kole.
Maak Weber deksel toe.
Bak vir tenminste ‘n uur. NA die uur haal jou brood uit die panne, Laat dit op die rakke van jou Weber rus.
Hoop dit help . My Afrikaans het bietjie verswak nou dat ek in Amerika is 🙂

Mens kan hom ook soos op die braai doen met kole van bo.. hou maar dop vir brand..
Bron:  John Van Coller