JELLIE KOEK-JELLY CAKE



JELLIE KOEK-JELLY CAKE
Jelly cake made by my daughter. Very tasty!
5 verskillende soorte jellie
24 g gelatien
250 ml louwarm water
300 ml kondensmelk
300 ml dubbel room
15 ml vanilla
Maak die 5 verskillende soorte jellie elkeen aan met net die helfte van die water. Laat stol.
Sny in blokkies en plaas in ringvorm (tupperware) wat liggies met “spray n cook” gespuit is sodat dit maklik kan uitkom.
Los die gelatien op in die louwarm water.
Klits die kondensmelk, dubbel room en vanilla saam in ‘n menger. Meng die water en gelatien mengsel by.
Giet die room mengel oor die jellie blokkies en laat stol.
Om te bedien, keer uit op ‘n bord.
BRON – Edie Janse van Rensburg
1STE FOTO: Amanda Struwig
2DE FOTO: Edie Janse van Rensburg
Philnette Matthee: Of opgeloste gelatien met enige jogurt meng en oor jellie blokkies giet en laat stol.