IDEES MET BOEREWORS

WORS GEREGtested

IDEES MET BOEREWORS

Linda Venter
Ek het so 1 ½ koppie rou rys onder in ‘n diep pyrexbak gesit. Toe my rou wors in blokkies gesny en dit bo-op die rys gesit. Een aartappel in blokkies gesny en opgesit en rou ui opgesny en bygesit. Toe bietjie gemengde groente en 1 pakkie bruin uie soppoeier aangemaak met tamatiesous, blatjang en sweet chilie sous en alles so oor gegooi. In die oond gebak teen 180°C tot alles lekker gaar is.

Linda Ferreira
Ek maak ‘n lekker worssop:Sny wors in stukke’, kook saam met tamatie, uie, aartappels, klein bietjie sout en baie swartpeper. Seldery kan ook bygegooi word vir bietjie kleur. Heerlik saam vars brood.
Alice Meintjes:
Ek het nou my eie resep gemaak. Wors stukkies gesny. Handvol ertjies en ui ringe gesny daarin. ‘n Aartappel in blokkies gesny en saam ‘n beef blokkie ingegooi. Gaan ‘n blikkie sampioene in kaas sous ook ingooi. Bo-op stampmielies bedien. Hoop dit gaan lekker wees.

Sandra Uys:
PERSKEWORS
Braai wors in porsie grootte goudbruin, haal uit pan, braai in selfde pan uie en dan tamatie. Voeg blik gesnipperde perskes by tamatie en uie smoor en maak sousie met tamatiesous, worcestersous, chutney en speserye na smaak en voeg by, meng deur en plaas bruin gebraaide wors terug in smoor mengsel! Maak bak met macaroni en kaas en siedaar! Heerlike ete!
Karel Jooste Snr:
Julle maak dit so ingewikkeld. Maak vir jou mash, verskoon my spelling, meng ‘n blikkie tamatie en uie smoor met jou mash. Braai bacon stukkies. Nou vat ‘n oondbak en skep ‘n laag mash, gooi ‘n lagie bacon, chutney as jy wil en ‘n lagie kaas. Sny jou rou wors in stukkies en pak bo op die mash. Herhaal so drie keer met kaas bo-op te bak in die oond! Die noem ek sommer STAP! Geniet!

Fanelee Snyman:
Ek het die anderdag my eie wors gereg gemaak waar ‘n mens rys kook en as dit begin droog kook, gooi jy borrie en kerrie in en laat droog kook. Dan maak jy die wors apart gaar met water in die pan, haal wors uit en los die sous in die pan, gooi dan bietjie sout en peper in en thyme, mixed herbs en Worcestersous en gooi gekerfde greenpeper en gekerfde uie by. Smoor dit bietjie en gooi dit in die rys. Laaste sny jy die wors in ringe en gooi by rys en meng goed. Jy sal letterlik jou lippe aflek en die borde sal silverskoon wees as almal klaar geëet het.