GOEDKOOP SJOKOLADE BALLETJIES
GOEDKOOP SJOKOLADE BALLETJIES
LEWER 30-35 BALLETJIES
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 10 minute
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
250 ml (1 k) versiersuiker
125 ml (½ k) kakao
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
klapper om in te rol
Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
Plaas in ’n groot mengbak en sif die versiersuiker en kakao by.
Voeg die botter, vanieljegeursel en appelkooskonfyt by en meng baie goed.
Rol in bolletjies en rol die bolletjies in klapper. Verkoel tot stewig.
2de Foto: Jo-Ann Smit


