EIERLOSE SPONSKOEK



EIERLOSE SPONSKOEK
310 ml koekmeelblom
7,5 ml bakpoeier
230 ml botter or margarine
180 ml suiker
310 ml ingedampte melk
7,5 ml vanillageursel
Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die margarien en suiker vir 7 minute. Meng die ingedampte melk met die vanilla,en voeg dit stadig by die suikermengsel. Meng die meel lepel-vir-lepel in tot goed gemeng. Skep beslag in ‘n gesmeerde ronde of vierkantige koekpan. Bak teen 180ºC vir 45 minute of tot ‘n toetspen in die middel van die koek skoon uitkom.
LW: Die koek lewer slegs een koek. Vir ‘n dubbele laagkoek, moet jy die resep verdubbel.
BRON – Sanette Henning