BISCOTTI MET BOSBESSIES
BISCOTTI MET BOSBESSIES
Foto en resep: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is die basiese resep wat ek gebruik, ek het net die hoeveelheid van die neute gemeng met bosbossies en dadels.
1 eier plus 1 eierwit
1 ml sout
125 ml sonneblom olie
175 ml suiker
7.5 ml bakpoeier
5 ml vanilla
200 ml neute gekap
400 ml koekmeel
Meng eier, eierwit ,suiker, olie en vanilla.
Meng goed voeg ander bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Bedek en sit in yskas vir plus minus 2 ure
Smeer 2 400-300cm panne. Deel deeg in twee. Rol elkeen in rolle so 30 cm lank.
Sit in panne en bak in oond 160 vir 20 min. Sprinkel strooisuiker oor. Sny diagonaal in skywe.
Bak weer in oond by 100 ver verder 20 – 30 min. Los in oond tot koud.

