AARTAPPEL- EN FETAKAASTERT

AARTAPPEL- EN FETAKAASTERT
750 g aartappels, geskil
30 ml Roosmaryn, grof gekap
3 eiers
250 ml room
50 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper
150g Fetakaas, gekrummel
60 ml olyfolieSny aartappels in baie dun skyfies en sprinkel roosmaryn oor. Moenie die aartappels in water laat le nie. Sny eerder soos benodig om te verhoed dat dit verkleur.
Klits eiers, room en melk, en sout en peper na smaak, saam
Rangskik een kwart van die aartappelskyfies onder in n gesmeerde, vuurvaste oondbak, en giet die helfte van die eiermengsel oor. Sprinkel die helfte van die fetakaas oor. Herhaal met nog n kwart aartappelskyfies en laaste helte eiermengsel en fetakaas. Rangskik oorblywende aartappelskyfies bo-op en giet olyfolie oor. Bak in voorberhitte oond teen 180 ÂșC vir sowat een uur tot goudbruin. Dien warm op.
Nota: Voel maar met n vurk of die aartappels gaar is na n uur. Indien nie, bak effe langer.
Resep en foto: Stephane Erasmus Ellis
