WITWYN GARNALE

WITWYN GARNALE
1 kg garnaalvleis
1 pallet knopiesampioene
250 ml vars room
200 g gesout botter
250 ml witwyn
1 suurlemoen
suurlemoenpeper speserye
5 ml (1 teelepel) knoffelGebruik ‘n groot diep pan en smelt die botter daarin. Voeg garnaalvleis by en braai die garnale in die botter, voeg die knoffel en suurlemoensap by.
Laat prut vir 5 min. Voeg witwyn, ‘n bietjie suurlemoenskil en sampioene by, kook vir 15 minute.
Laaste voeg vars room by. Laat prut vir nog 5 tot 10 minute en dien op gegeurde rys. Wenner elke keer.
Foto: Angie Lizemore.