VARKTJOPS IN WYN EN PYNAPPELSAP

tested
VARKTJOPS IN WYN EN PYNAPPELSAP
(ELEKTRIESE BRAAIPAN OF OP DIE STOOF IN ‘N PAN MET ‘N DEKSEL)
8 Lekker varktjops
Meng die volgende saam en bedek die tjops albei kante met die mengsel
25 g koekmeel
5 ml salie
2 ml sout
2 ml paprika
Braai albei kante bruin in ‘n bietjie olie in die braaipan/pan. Verwyder die tjops en dreineer die oortollige olie.
Meng die volgende bestanddele en gooi oor die tjops
100 ml wit wyn
50 ml sojasous
5 ml droe mostert
25 ml bruinsuiker
500 ml pynappelsap
2 huisies knoffel fyngestamp

Plaas die deksel op en prut saggies totdat die tjops sag is, ongeveer 1- 1 en ‘n half ure.
Wanneer die vleis gaar is, verwyder en verdik die sous met 25 ml mielieblom gemeng met bietjie koue water.
Kook vir 3 minute. Plaas die tjops terug en dien op saam met sjinese rys en groenertjies.