VARK RIBBETJIE MET TAMATIE EN CHILLIE KONFYT

tested
VARK RIBBETJIE MET TAMATIE EN CHILLIE KONFYT
1 vark ribbetjie met lies (vel moet aan wees, vra net vir jou slaghuis)
tamatie en chilli konfyt
aartappels

Was aartappels en sny in 1 cm stukke.
Plaas in ‘n bak en gooi kokende water oor en laat staan vir 10 minute
Pak die aartappels in ‘n bak, bedruip met olyfolie en bak in die oond vir 20 minute. (220°C)
Sit die varkribbetjie in ‘n oondbak en strooi met sout en peper.
Bak in die oond vir 30 minute (220°C) – totdat die hele vel “ge-crackle” het.
Neem skerp mes en verwyder die vel (Crackling). Die vleis is op hierdie stadium nog nie gaar nie.
Smeer die varkribbetjie met die tamatie en chilli konfyt, sit dit bo-op die aartappels.
Plaas terug in die oond vir nog ‘n 30 – 40 minute (180° C) tot gaar.
Sny die “crackling” in repe en bedien saam met ribbetjie en lekker vars slaai en brood.
Bron: Adriana Kutcher