TUISGEMAAKTE ROERBRAAI GROENTE
TUISGEMAAKTE ROERBRAAI GROENTE
Ek het netmooi keelvol geraak en besluit om my eie roerbraai (stir-fry) groente te maak.
As jy mos daai winkelpak oopmaak is dit mos ‘n blok ys met gesnipperde afval groente en jou eetlus is heel weg.
Ek het groente van my keuse apart vir ‘n kort rukkie blancheer, goed laat afdroog, gemeng en vakuum verseël en gevries.
Wortels, groenboontjies, kool, hubert met skil binne vleis uitgesny, rooi of/en groen soet rissie, baby marrow en vars uie uit die tuin so liggies in die druiwepit olie verglans.
Foto en idee Johan Coetzee

