TRACY SE KOFFIEKOEK

koffie koek tracykoffie koek tracy 2tested

TRACY SE KOFFIEKOEK
Hier is die resep wat ek belowe het. In die foto sien julle net twee lae, en die rede daarvoor is dat my man en kinders nie wou wag nie, en het ongelukkig een laag van die koek verslind voor my oe.
Veerligte koffie sponskoek (3 maal 23 cm x 3 cm koekpanne)
Voorverhit jou oond op 180 ºCelsius. Smeer jou drie panne met botter, en bestrooi met meel. Plaas ‘n sirkel bakpapier onder in elke pan sodat jou koek nie sal vas sit nie.
Meng 1 eetlepel koffiekorrels met 1 eetlepel kookwater en laat staan tot koud.
Neem 11 eiers plus 2 teelepels vanilla ekstrak en koffiemengsel  – klits vir 5 minute tot lig en romerig
Voeg 2 koppies strooisuiker by en klop op medium vir ‘n verdere 8 minute tot dit dik en romerig is.
Voeg by 2 koppies koekmeel en 2 teelepels bakpoeier en ‘n knippie sout. Vou liggies in tot dit alles deur gemeng is.
Deel die deeg in drie panne, en bak vir 25 minute of tot ‘n koek pen skoon uit kom.
Terwyl die koek bak, maak koffie om oor die koek te verf.
Meng 2 eetlepels koffiekorrels en 2/3 koppies kook water.
Verf koffie bo oor die koek wanneer dit uit die oond uit kom. Keer die koek uit en verf ook die onderkant met koffie en los tot dit heeltemal af gekoel het.

Ligte koffieversiersel:
Plaas 12 eier gele in ‘n dubbel koker op die stoof, met 2 koppies suiker, 2 eetlepels koffiekorrels, en 2 eetlepel vanilla ekstrak / koffie liqueer, en roer aanhoudend tot die suiker op gelos het. Sodra die suiker op gelos is kook ‘n verdere 8 – 10 minute, maar moenie ophou roer nie. Verwyder van die stoof, en giet deur ‘n sif en meng met ‘n elektriese menger tot die vulsel dik en heeltemal af gekoel is. Sodra die mengsel af gekoel het, meng 2 koppies mascarpone in, en ook 2 koppies dik geklopte room. Meng goed deur. Maak die versiersel toe en plaas in die yskas vir so 30 minute tot dit ‘n bietjie dikker is. Meng deur en sit tussen die koeklae. Versier met die oor blywende versiersel. Sprinkel met gekrummelde donker sjokolade.

Met die sponskoek as jy nie ‘n koffiekoek wil he nie, los die koffie uit die resep en gebruik 1 eetlepel vanilla ekstrak en jou gunstelling versiersel.

Resep en foto:  Tracy Minny: