TOEVALLIGE PAMPOEN-PATAT-TERT
TOEVALLIGE PAMPOEN-PATAT-TERT
700g botterskorsie en oranje patat
‘n paar kaneelstokkies
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel bruinsuiker
2 opgehoopte eetlepels bruismeel
2 eiers geskei
fyn kaneel poeier
Skil en sny die botterskorsie en patats in blokkies en kook of mikrogolf dit tot sag saam met die kaneelstokkies en knippie sout. Maak dit fyn en meng die bruinsuiker daarby. Meng dan die meel en eiergele ook by en roer goed deurmekaar. Klits die eierwit styf en vou by die mengsel in. Skep oor in ‘n tertbak en bak by 180ºC vir30 minute tot opgepof. Strooi bietjie kaneelpoeier oor. Bedien dadelik.
Bron en Foto: Adam Cloete.

