PIEKELDRUIWE

PIEKELDRUIWE
(Smaak heerlik met gerookte vis Aldus Martie Botha van Glencoe)
350 ml witsuiker
225 ml wit wyn of druiwe-asyn
15 ml ( 1e) balsamiese asyn
7 ml ( 1 1/2t) peperkorrels, gekneus
1 kaneelstok
350 g wit en swart druiwe, skoon afgewas
METODE:
Plaas die suiker en asyn in n pan en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg die peperkorrels en die kaneelstok by en laat kook 2 minute lank. Verwyder van die hitte en voeg die druiwe by. Skep in skoon gesteriliseerde flesse en verseƫl.
Laat staan minstens 3 weke voor dit gebruik word.
Lewer sowat 700 ml.