MIKROGOLF SAGOPOEDING

2015-09-18-mikrogolfsagopoedingtested

MIKROGOLF SAGOPOEDING
2 koppies melk
1/2 koppies sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetlepels botter
2 eiers – geskei
1/3 koppie suiker
2 ml Vanilla geursel
Knippie sout
Knip neutmuskaat
Appelkoos konfyt
Kaneel

Gooi melk, sago en botter in bak en mikrogolf vir 10 min. oop by 100% krag – ROER GEREELD – en daarna 5 min by 50% krag en roer elke 2 min of meer gereeld.
Klits eiergeel en voeg saam suiker, vanilla, sout en neutmuskaat vinnig by warm sago.
Mikrogolf 2 min op 100%.
Klits eierwitte vooraf styf en vou in warm mengsel.
Sit dun stukkies appelkoos konfyt bo-op en sprinkel kaneel oor.
Mikrogolf 1.5 min by 70% krag en roer versigtig deur.
Mikrogolf weer 1.5 min by 70% krag.
Bedien met vla of wat verkies word.

Resep en foto:  Frances Smith