MARTIE SE VARKDIS


MARTIE SE VARKDIS
Gee vir julle my varkdis, (jy kan bees ook gebruik) maak dit gereeld in die winter en kan so ses mense voed, met krakerige brood of rys of kapok ertappels.
1 Kg vark blokkies met vet aan
2 groen pepers in repies
2 uie gekap
4 knoffelhuisies fyn
1 E vars marjolien og orego
vars tiemie
2 t komyn gemaal
1 suurlemoen se sap en skil
1 blikkie tamatiepasta
1 blikkie botterbone
1 blikkie boontjies in tamatiesous
1 blik gekapte tamaties
1 bief blokkie
1 k water
1 k bier of of wyn.
sout en pepepr
1 E suiker
1 blikkie rooibone
2 tot 3 brand rissies
Pak lae in oondskottel, bak stadig in oond 150g vir omtrent 3 ure, die aroma en smaak is heerlik.
Bron: Martie Fourie Moolman