LEKKERSTE KOFFIEKOEK

 

2015-09-23-lekkerstekoffiekoek

LEKKERSTE KOFFIEKOEK

Koek:
280 g (500 ml) koekmeel
70 g (180 ml) kakao
7 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
knippie sout
400 g (500 ml) suiker
2 eiers
250 ml melk
125 ml kookolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml sterk koffie
Versiersel:
80 g (90 ml) sagte botter
70 g (180 ml) kakao
260 g (500 ml) versiersuiker
60 ml sterk koffie
Metode:
1.Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg suiker by en roer deur met ’n houtlepel.
2. Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in aparte mengbak. Voeg by droë bestanddele. Gooi koffie by.
3. Klits goed vir 2 minute tot romerige, gladde mengsel.
4.Verdeel mengsel tussen die twee panne en plaas op middelste oondrak. Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel en keer uit. Sien “Versier só” onder.
Versier só
Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel. Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk. Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord. Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk. Plaas tweede koek bo-op gesnyde kant na onder. Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk. Bêre in lugdigte houer.

Foto: Belinda Minnie (lid)