KOOL IN DIE VUUR


KOOL IN DIE VUUR
Sny kool in kwarte, maar nie heeltemal deur nie, dit moet bietjie oop wees vir die sous. Maak sous van
botter, hoeveelheid hang af van grootte van kool, so 125 gr,
2 eetlepels suurlemoensap,
1 eetlepel appelkooskonfyt
en sout,
sit in mikrogolf om te smelt, gooi sous in die kool, druk kool toe en sit in 4 lae foil, binne in die vuur, pak warm kole rondom v hitte, wanneEr gaar, sal sag wees as breinaald indruk, sit in bak en sny kleiner.
Bron en foto: Jacobie Douglas