KERRIEHOENDER MET GOUESTROOP


KERRIEHOENDER MET GOUESTROOP
1 middelslag hoender
7 ml sout
250 ml mayonnaise
125 ml blatjang
60 ml goue stroop
30 ml kerriepoeier
Verhit die oond tot 180 grade C.
Sny die hoender in stukke, voeg die sout by en kook die stukke gewoonweg tot lig gaar.
Dreineer die stukke en plaas hulle langs mekaar in ‘n vlak, oondvaste 2,5 lt bak.
Meng die res van die bestanddele en skep dit bo-oor.
Bak die stukke onbedek 40 minute lank of totdat hulle goudbruin is en ‘n dik sous gevorm het.
(Lewer 6 tot 8 porsies)
Foto: Cornelia Bosman Walkinshaw