KAMMA WILDSPASTEI

2015-09-26-kammawildspasteitested
KAMMA WILDSPASTEI
2kg Stowe beesvleis sonder vet (ek het 1kg beesvleis gebruik)
100 g Varkspek, gesnipper (ek het 300g vark kookvleis gebruik)
75 ml Asyn
75 ml Worcestersous
15 ml Sout
10 heel Kruienaeltjies
50 ml Water
( In plek van die water en asyn het ek 125ml rooiwyn gebruik)
Swart peper na smaak
Plaas alle bestanddele in die drukkoker en stoom vir 50 min todat die vleis van die been afval. Verwyder bene en naeltjies en maak vleis fyn. Prut gewoonweg vir 15 min.
(Om die pastei te rek het ek die volgende bestanddele bygevoeg
250g gaar noodles
4 aartappels in blokkies gesny en vooraf sag gekook
4 groot wortels in blokkies gesny en vooraf sag gekook
1 pakkie bruin uiesous met kookwater aangemaak tot ‘n pasta.
Wanneer die vleis soos hierbo gaargemaak is en die bene verwyder is, voeg die gaar aartappels en wortels by en roer die bruin uie sous pasta daardeur om met die sous te meng. Prut vir ‘n paar minute langer om die sous te laat verdik. Voeg dan die gaar pasta by en haal van die hitte af)

Pasteikors
1 Eier
125 ml Melk
125 ml Kookolie
375 ml Koekmeel (1½ k)
¾ tlp Bakpoeier
Knippie sout
Meng alle bestanddele. Skep vleis in gesmeerde bak en skep kors
bo-op. Bak vir 20 min by 200ºC.
Bron: Rina J v Rensburg aangepas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.