IDEES VIR SLAAI SAAM MET BRAND KERRIE

IDEES VIR SLAAI SAAM MET BRAND KERRIE HOENDERtested
IDEES VIR SLAAI SAAM MET BRAND KERRIE
Sylvia Nortier – ons maak altyd piesang en baked beans met bietjie mayonaise daarby dit vat die ergste brand weg vir die kinders wat nie van brand hou.

Danila Barnardo – Komkommerslaai met suiker en asyn is ook lekker koel by ‘n brandkerrie.

Lelane Van Der Walt – Piesang, klapper & n tamatie salsa.

Cheryl OLeary Coetzee – Jy kan ook net piesangs opsny en “fruit of the cape” jogurt oor gooi.
Shan T Russ – Ek moet stem met Danila Barnardo, ek maak altyd a komkommerslaai, by my kerrie, ek rasper my komkommers en maak dit lekker soet suur

Jesicha Carlson – Cucumber, peppers, vinegar.tomatoes, onion , fresh danya. Use jam instead of sugar. Use colour peppers.Chopped.

Natalie ‘Fabulosity’ Nagel – Chop up coriander n mix with Greek yoghurt best with curry

Claire Lombard Chopped tomatoes and onion are great with a curry – you can even add a bit of Greek yoghurt to it aswell

Christelle Griebenouw Piesangs mt custard yogurt

Rita Olckers – Ek eet beetslaai by omtrent alles…..maar, n tamatie en uie salsa is n moet by kerrie en rys (juis vandag presies dit gehad vir ete). Ek sny tamatie redelik klein blokkies en so ook die ui. Dan gooi ek suiker oor en asyn. Dan ook sout en peper na smaak. Dit moet soeterig wees. n Soet-suur kombinasie soos Hilda van 7de Laan sal se. Dit word natuurlik net bietjie “on the side” by die kerrie en rys bedien… Ek is veral mal oor die soeterige asyn sous saam met kerrie… Ek sit ook piesang op die bord by die kerrie en gooi klein bietjie klapper oor. Vir ekstra warm kerrie..hou maar n yskoue glas melk byderhand…..
Mishka Galvaan – Onion, tomato, garlic, chilli, dunia with salt sugar & viniger. Compliments the curry so u don’t just have a burning sensation but a nice sweet & sour with a bite.

Hermanus Kriel – komkommerslaai met mint en plein joghurt. Joghurt help om die brand te stil

Annatjie de Klerk – Gerasperde Wortel en pynappel slaai

Jenni-Di Martin-Brown Use en rams tie sambal

Gideoni van der Merwe – Meng Komkommer klein gesny, uie dun gesny, wortels gerasper, green pepper dun repies gesny met bietjie sout, wit asyn en bietjie suiker. Baie lekker saam met brand kerrie.

Lida Pieterse – Iets met pynappel of papaja is ook baie lekker daarmme. Meng sommer stukkie papaja, pynappel en fetakaas. Rangskik op slaaiblare en sprinkel met bietjie Sweat pepper sous.

Alicia Van Schoor – Salsa slaai (tamatie + uie + rissie gerasper bietjie asyn bietjie suiker) of komkommer slaai (komkommer + rissie + uie gerasper asyn en suiker)

Corrie Bezuidenhout – Piesang, ertjies en avokadopeer in blokkies gesny, meng met ‘n sagte Mayonaise (Miracle Whip Cream) en bietjie speserye, dis baie lekker

Amanda Struwig – Hierdie vinnige 4 bestanddeel slaaitjie werk super by enige kerrie of braai.
PIESANG- PICALLILLI SLAAI
6 Piesangs
1 blikkie kondensmelk
1 botteltjie picallilli
1 blikke ingelegde gemengde vrugte
Sny piesangs in wieletjies en bedruip liggies met suurlemoensap.
Meng al die res van die bestanddele by.
Dit word effens stywer as jy hom ‘n rukkie in die yskas hou.

Nix Botha – Definitely Banana and tomato & onion sambal mmmmm YUMMY

Lesley-ann Kelly – tomato, onion and greenpepper , with vinegar and sugar sauce

Munir Husan – Ek sal se n groen slaai, maar n halwe kopie yoghurt gemeng met n halwe koppie melk fresh dania en mint in n blender gaan ook baje lekker met enige curry

Hettie Bezuidenhout – Gerasperde komkommer met n bietjie sout, peper, Balsamiese asyn en paar druppels olyfolie.

Cindy Benjamin – Komkommer slaai met yogurt en heuning heerlik

Edith Williams -‘n Lekker aartappelslaai is ook baie lekker.

Jesicha Carlson – Ek het n komkommer slaai by my neef op Betties baai ge eet Wat nice was . mayonnaise en suiker met pepper goed gemeng in n blender. Gooi oor chopped cucumber.Baie lekker.

Anita Zeeman – Gesnyde piesang en gerasperde kokosneut.

Karien Botha –  die lekerste as jy ui fyn kap en tamatie met brand rissies en rasper n wortel daarin gooi baie. asyn en le n rukkie in die yskas die indiers noem dit sampels hule gedien dit met kerrie

Marie Grobler – Wat van n gestolde appelslaai

Anneliza Vogel – Vat klein butternut skil af en rasper. Gooi 1 pakkie perske jellie en 1 blik fyn pynappel en meng met butternut. Proe nes mango’s. Bitter baie lekker.