GROENTE VETKOEK

tested
GROENTE VETKOEK
Resep en foto: Anita Kleynhans(
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui
1 klein blikkie gemengde groente
1 koppie kaas in klein blokkies gesny
2 koppies bruismeel
2 eiers
bietjie olyfolie
knippie aromat en braaivleis speserye.
olie vir braai

Ek sny 1 ui baie fyn. Dan vat ek ‘n klein blikkie gemengde groente, voeg dit by met water en al.  Sny 1 koppie kaas in klein blokkies (nie gerasper nie)en voeg by.  Voeg 2 koppies bruismeel by en die eiers, ‘n blerts olyfolie en so bietjie aromat en braaivleis speserye.  Meng alles goed deur.
Maak deeg aan met melk tot die vetkoek beslag dun is.  Laat mengsel rus vir 10 minute.
Maak olie warm in braaipan. Skep lepeltjies vol in warm olie.  Braai tot gaar.
Sit op kombuispapier om olie op te trek. Bedien warm met konfyt.