ELLOUISE SE SOUSKLUITJIES
ELLOUISE SE SOUSKLUITJIES
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 med eiers
50 ml botter
100 ml melk
knippie sout
Meng droe bestandele saam, meng nat bestandele saam en roer bymekaar.
Sit ‘n lekker groot pot op die stoof met genoeg water dat kluitjies in die water lê. (meet so met jou oog).
Sit 25 ml botter saam met die water en prut stadig.
Skep lepels vol deeg in water. Dit rys lekker so moet nie te veel op ‘n slag insit nie. Kook 10 min.
Die “deeg water” wat oorbly na die tyd het ek gebruik. Twee lepels suiker en groot lepel botter met 10 ml maiziena saam gekook. Dit maak ‘n lekker sousie.
Resep en foto: Ellouise Grundling

