CHINESE ROOM BROOD

2015-09-01-chineseroombroodtested2014-09-19-chinesecreambread
CHINESE ROOM BROOD
Ek moet net eenvoudig hierdie heerlike brood resep met julle deel. Die brood is soeterig en donsagtig en ‘n kan nie ophou eet brood nie. Die brood se regte naam is Chinese room brood.

Maak eers jou Tangzhong
50 g broodmeel
250 ml water
Meng die meel en water en laat kook tot dik oor lae hitte, laat afkoel tot kamertemperatuur.
540 g broodmeel
86 g strooisuiker
8 g sout
9 g volroom melk poeier
1 pakkie gis (pers een werk lekker)
1 extra groot eier of jumbo
60 ml room (ek het karring melk gebruik)
50 ml melk
tangzhong
50 g gesmelte botter

Gooi droe bestanddele in ‘n kniebak, meng die nat bestanddele en voeg saam die tangzhong by die meel. Knie die deeg ten minste 20 min, die deeg moet sag en elasties wees, laat rys tot dubbel. Gooi deeg uit op ‘n werkblad en druk af. Deel die deeg soos jy verkies, ek het eerste dit in 5 gedeel en toe ek hom weer bak mini loafs gemaak, NB elke stukkie wat jy gedeel het, rol dit uit in ‘n ovaal vorm bring die punte (links en regs in die middel bymekaar en draai die deeg om (soomkant onder) rol die deeg weer +/- 20cm lank uit en rol die deeg op, plaas in jou pan van keuse, herhaal so met elke stuk wat jy verdeel het. Smeer die bokant met geklitste eier en bak teen 180°C vir ongeveer 20-30 min of tot mooi bruin. Wees versigtig as jy die brood uithaal, dit is vreeslik sag. Laat dit afkoel voordat jy dit sny.

FOTO: Ilona Turner en Irene Gilliland