BRAUN – BRAWN- SULT

tested
BRAUN – BRAWN- SULT
15 kg varkvleis (meeste skenkels)
3 kg uie (fyn gekap)
15 eetlepels suiker
15 eetlepels kerriepoeier
5 eetlepels sout
8 eetlepels borrie
8 koppies asyn


Kook vleis tot sag en haal alle bene uit. ( ek het myne deur ‘n meule gesit). Sodra jy15 kg het, meng al die bestanddele by.
Meng goed en gooi in panne om koud te word. As jy nie volle 15 kg vleis het nie, verminder die asyn. ‘n Stel wat ek afgetrap het. My vleisies was bietjie suur.

BRON: Hettie Theunissen