ALICE SE OLIEKOEK VIR GROOT PANNE
ALICE SE OLIEKOEK VIR GROOT PANNE
Oliekoek resep ideal vir ystervarkies.
Oond op 180 ºC vir gewone oonde en waaier oonde 165 ºC.
Klits 4 eiers en 1 ½ koppie suiker saam. Tot suiker gesmelt is.
Sif 2 koppies koekmeel en bietjie sout vier keer saam.
Verhit 1 koppie melk en 100 ml olie tot net voor kookpunt.
Sit eers meel dan melk en weer meel en melk by eier.
Meng net goed nie te veel klits nie.
Roer dan 3 teelepels bakpoeier en 1 teelepel vanilla by.
Vir sjokoladekoek sif 4 eetlepels kakao saam met die meel.
Bak in twee 8 duim panne. Bak in die waaier oond op 165 ºC vir ‘n halfuur.
As ek dit in die oondpan bak dan maak ek die resep een en ‘n half keer aan.
Vir ystervarkies – sit die vars koek so vir twee ure in die vrieskas dan krummel of breek dit nie
RESEP EN FOTO: Alice Meintjes

