VRIENDIN SE ROMANY CREAMS


VRIENDIN SE ROMANY CREAMS
Die bron is ongelukkig onbekend ek het dit by n vriendin gekry.
Baie baie lekker
3/4 koppie kakao
250 ml kookwater
750 g margarine
675 g strooisuiker ( 3 1/4 koppies)
5 ml vanielje
800 g bruismeeel (6 koppies)
350 g fyn gerolde graanvlokkies (4 kkoppies) (ek het myne met my
liquidiser fyngemaak)
320 g klapper (4 koppies)
5 ml sout
Maak kakao met kookwater aan. Laat afkoel verrroom botter en strooisuiker. Meng meel graanvlokkies klapper en sout saam.Voeg kakoa mengsel by. Skep teelepels vol deeg op plaat en druk effens plat. bak 12 min by 180. sit opmekaar met sjokolade
Foto en resep: Annelise Engelbrecht
Nota: Jeanette Martins
O ja, dit werk ook in die koekiedrukker