VINNIGE BROODROLLETJIES
2 eetlepels gis
1 koppie warm water (maar nie te warm nie)
1/3 koppie olie
¼ koppie suiker
1 eier
1 teelepel sout
3½ of 4 koppies koekmeel
Meng die gis, water, olie en suiker saam en laat staan vir so 5 minute.
Meng in die sout, eier en meel om ‘n sagte deeg te vorm. Ek het die meel koppie vir koppie by gegooi.
Gooi dan die deeg uit en knie tot dit nie meer taaierig is nie.
Verdeel die deeg in 6 dele en rol dit in balle.
Plaas dit op jou bakplaat en gooi ‘n doek oor.
Laat dit staan vir so 10 minute.
Bak vir 10-12 minute of tot mooi goud bruin op 200 ºC.
Geniet!
Dit was net gewone kits gis wat ek gebruik het.
FOTO – Nadia Thölix
Wilanda Räsänen – Foto 2 en 3
Hulle is baie lekker, ek het ook sommer ‘n baksel gemaak vandag nadat ek Nadia se resep gesien het. Soos Nadia het ek ook kits gis gebruik. Sal my deeg volgende keer in 8 deel, kleiner broodjies vir die kinders. Ek het 6 teen 153 g elk ( rou deeg ) gekry…..dink 8 broodjies sal ok wees.
Die resep werk uitstekend! Ek het 10 rolletjies gemaak en ek het n stoombad in die oond gesit. Vinnig en heerlik!
geskuif
Nadia Thölix
Die deeg is bietjie swaarder, maar nie so erg nie. Dis nie fluffy witbrood deeg nie, dan kan jy maar netsowel spar toe gaan en gaan brooddeeg koop om jouself al die moeite te spaar om alles te maak. Ek maak kleiner rolletjies want ek het gevind dit kom ligter uit as wat jy net die 6 groot rolletjies maak.
Wilanda Räsänen
Ek het die broodrolletjies weer gebak. Weereens is ek baie gelukkig met die resultaat. Ek het 5 koppies meel gebruik hierdie keer en 16 rolletjies gemaak. Die instant yeast wat ons kry sê 1 pakkie op 500 ml vleoistof vir brood en rolletjies wat ek ook gedoen het. Hulle is lekker sag en net reg vir die kinders. As dit saam met ‘n ete bedien moet word sou ek hom kleiner maak. Ek het melk oor gesit voordat ek hulle in ‘n 200 grade oond gesit het vir 12 min