VETKOEK MET GEKOOPTE DEEG


VETKOEK MET GEKOOPTE DEEG
FOOD LOVERS RECIPES
Rol uit op werkoppervlak wat met bruismeel gestrooi is.
Sny met mes in 3″x 3″ grootes.
Maak los van mekaar en laat rys.
Wanneer gerys, plaas genoeg olie in pot en verhit.
Olie moet so helfte diepte van deeg dikte wees.
Braai en draai om wanneer bruin.
HOE OM HOL VETKOEKE TE MAAK VIR VULSELS
Neem jou vetkoekdeeg
Knie af.
Breek bolletjies af.
Trek dit plat dat dit soos ‘n vet plat pannekoek sou lyk.
Los om te rys vir so 30 minute.
Dit sal weer kleiner raak soos dit oppof.
Trek die deeg vir ‘n 2de keer weer plat en druk sommer met jou handpalm die deeg plat
Los om te rys vir weer tenminste 30 min +.
Maak jou olie warm, sit vekoek in die olie en dan BAIE BELANGRIK, skep warm olie die heeltyd bo-oor die vetkoek totdat jy sien die vetkoek is mooi opgepof en bruin.
Draai om, en hou aan om warm olie oor die vetkoek te skep tot gaar.