SUURLEMOEN DORSLESSER

2015-08-15-wilma

SUURLEMOEN DORSLESSER
1 groot hele Eureka suurlemoen (gladde dun skil), fyn gekap in ‘n voedselverwerker
750 ml gedistilleerde water, BAIE BAIE KOUD
6 Selati suikersakkies of enige ander versoetter
BAIE YS, vir bediening

Meng die suurlemoen, water en Selati goed saam.
Bedien in lang glase met baie ys.
Dit is HEERLIK VERFRISSEND!
Resep en foto: Wilma Josey Venter