STAMPMIELIETERT

STAMPMIELIETERT
250 ml stampmielies
7 ml sout
250 ml bacon
10 ml botter
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml room
1 pakkie wit uie soppoeier
250 ml gerasperde kaas
250 ml mayonaise
Week stampmielies oornag in warm water .
Dreineer water en giet die mielies in n kastrol .
Voeg genoeg water by om te bedek en voeg sout by en kook tot sag .
Voorverhit die oond 180’c en smeer oond vaste bak .
Verhit botter in pan en braai spek en sampioene tot bruin .
Meng die mayannaise , room , sop poeier en sampioene .
Skep mengsel in pan en roer deur laat stampmielies en kaas mengsel lekker gemeng is .
Bak vir 6 min of lekker bruin .
Bron: Reseptehoekie
Foto: Geleen