SHERRY VARKFILLETTE



SHERRY VARKFILLETTE
1 groot vark filet
375 ml Old brown sherry
120 ml sojasous
30 ml balsamiese asyn
3 cm stuk gemmer gerasper
4 spriet-uie gekap
20 ml sesamolie
75 ml botter
10 ml olie
Sny die vark in skywe. Meng die bestanddele saam en plaas skuwe in marinade, marineer vir ongeveer 4 ure.
Verwyder uit die marinade en braai in 45 ml van die botter en die olie tot goudbruin en gaar.
Verhit intussen die marinade tot kookpunt totdat dit dik en weggekook het met die helfte.
voeg die oorblywende botter gy. Bedien die filletskywe op warm kapok-aartapples saam met die sous en gestoomde groente.
Resep: Marie de Vries