RUSSIAN MENGELMOES

 

2015-08-20-russianmengelmoestested

RUSSIAN MENGELMOES

Ek het Gister verby n Restaurant geloop en iets op gemerk wat op die tafels was. Baie lekker gelyk. Ek het dit nou vanaand probeer.

BESTANDELE/METODE
Twee bakke. Verskillende geure.
Aartappels gekook to 50% gaar
Toe sny ek die aartappels in skywe en pak dit in die bak.
Ek het nog Bees Russians gehad en sny die toe en pak bo op die aartappels.
Weer n laag aartappels. Die een bak het ek sommer aartappels oor ge-rasper.
Ek het sommer cook in sauce gebruik. Een n Kerrie en die ander n Beef sous.
Alles toe gemaak met foil en in die oond gebak op 180 grade vir 40 minute.
Daarna Kaas oor ge-rasper die een bak kaas met gebreekte peper korrels
Toe weer in die oond vir 5 minute tot die kaas lekker gesmelt het en begin kook.
Dit het so iets gelyk.

BRON/FOTO: Koos van der Merwe