RONEL SE GESONDHEIDSBESKUIT

gesondheidbeskuit Marietatested

RONEL SE GESONDHEIDSBESKUIT
Bron: Ronel Rudolph
Foto:  Marieta James
FOOD LOVERS RECIPES
Meng droë bestanddele saam:
1 ½ koppie hawermout
2 koppie Nutty Wheat
2 koppies koekmeel
2 handvol Corn flakes, krummel effens
2 handvol All bran flakes, krummel effens
2 teelepels bakpoeier
1 handvol klapper, opsioneel
1 handvol sade, opsioneel (ek het sonneblom sade gebruik)
1 handvol rosyne

Klits saam:
3 eiers
1 koppie suiker
1 ½ koppie karringmelk
1 teelepel koeksoda
1 teelepel sout
Ekstra:
250 g margarien

Smelt die margarien.
Voeg die geklitste eiermengsel en sagte margarien by die droë bestanddele.
Meng deeglik deur.
Nota:
Ek het mengsel dubbels aangemaak en gevind dit was baie slap. Toe voeg ek omtrent ‘n koppie bruismeel oor om dit net stywer te maak.
Plaas in voorbereide vlak bakplaat en druk vas. Sorg dat dit gelyk is bo-op.
Bak teen 180° vir 25-30 minute.
Haal uit die oond en laat effens afkoel.
Sny verlangde grootes en droog uit.

Nota en foto:  Rina Kleinhans
Ek het vanoggend hierdie beskuit gebak en dit is nou in die oond om te droog. Ek hou van die resep, want mens kan regtig bysit en insit wat jy het. Ek het die karringmelk vervang met vrugte jogurt en ek het hawermout en corn flakes vervang met 3 koppies fruit & nut muesli wat klaar rosyne ingehad het so ek het nie nog ekstra ingesit nie, maar net gekyk dat my mengsel mooi bymekaar kom en nie te droog is nie. Ek het ook xylitol gebruik in die plek van die suiker. Dit ruik ongelooflik lekker en ek is seker dit gaan heerlik wees.

Karin Pitout
My weergawe en resultate van Ronel se Gesondheidsbeskuit.
Ek het sade en rosyne weggelaat en suiker met xylitol vervang. Heerlik!