RINA SE PANNEKOEK

RINA SE PANNEKOEK
Ek het die een jare terug ironies genoeg by Rina gekry, op ‘n ander kosgroep.  Skies vir die gramme, ml in hakies agterna.
270 g olie (1 koppie)
1750 g water (7 koppies)
20 g brandewyn of asyn (20 ml)
560 g koekmeel (4 koppies)
4 eiers (4)
20 ml bakpoeier (4 teelepels)
5 ml sout

Klits eiers, olie, asyn/brandewyn en 875 g (1/2) van die water by. Sif meel en sout en klits by. Klits nou res van water by. Meng goed en laat rus 5-20 minute. Roer bakpoeier by.

Giet in waterbottel met indruk knoppie (hulle werk prima). Bak in baie warm pan. Smeer net jou pan die eerste keer. As jy hom warm genoeg hou, sal hulle nie vassit of weer smeer nodig hê nie. Stonedine etc werk fantasties. Resep gee ± 36. Vries uitstekend, met of sonder papier tussenin.

Geplaas deur Kiti de Jager
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Ansi Fourie Pypers Fourie